​Die elegante styl van die Houghton woning

Johannes van Graan Johannes van Graan
The Modern Houghton Residence , Dessiner Interior Architectural Dessiner Interior Architectural Modern Living Room
Loading admin actions …

Ons nuutste homify 360° ontdekking, te danke aan die kreatiewe slimmes van Dessiner Interior Architectural in Pretoria, kom van Houghton, Johannesburg, waar 'n moderne huis ons asems wegslaan met sy ruim spasies, treffende toestelle, blink kleurskemas, elegante meubels en nog vele meer.

En danksy die massiewe vensters en glasdeure wat hierdie huis geniet, stort ‘n oorvloed natuurlike daglig na binne, wat die interieurs nog meer fantasties laat lyk!

Blink en briljant

Ons begin in die kombuis, wat 'n wenkombinasie bevat: vlekvrye staaloppervlaktes en ‘n mengsel van natuurlike / elektriese beligting. Behalwe stylvol, is hierdie kombuis ook super prakties—kyk net na die fantastiese eiland wat ook heerlik werk as ‘n informele eettafel!

Spasie en styl

In die oopplan woon- en eetkamer geniet ons die pragtige uitsig van die tuin, danksy daardie groot glasdeure wat uitkyk oor die stoep. En gepraat van tuin, kyk hoe is die varsheid van buite na binne gebring met potplante en fraai bloeisels, wat natuulik ook die natuurlike kleurskema van binne bietjie opkikker.

‘n Warmer kleur

Die informele woonkamer / sitkamer bring bietjie meer hitte met sy warmer bruine. Maar moet ook nie vergeet van die hope styl wat hier geniet word danksy daardie parmantige patrone nie, veral die baksteenmuur. 

Die tema van ‘prettige patone’ word voortgesit deur die strooikussings en mat – net om dinge interessant te hou!

Kom ons kyk na nog meer foto's van hierdie inspirerende ontwerp.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine