​Die 300m² voorafvervaardigde huis van R1.5 miljoen

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Modern Houses
Loading admin actions …

Dit behoort nie groot nuus vir enigiemand te wees dat voorafvervaardigde strukture die nuwe “trend” in die wêreld van argitektuur is nie – hierdie briljante boumetode het al vir jare Amerika en Europa in vervoering, alhoewel dit nou eers onlangs hier in Suid-Afrika begin groot raak het. 

Vandag se homify 360° stukkie beloer juis so ‘n voorafvervaardigde huis – die perfekte voorbeeld vir die mense wat nog steeds glo dat voorafvervaardigde strukture nie naastenby so stylvol kan wees soos huise wat deur tradisionele metodes gebou is nie.

Sy prys? ‘n Lekker R1.5 miljoen – maar kyk net wat kry jy als by…

Van voor gesien

Dis mos nou ‘n droomhuis! Met sy monochroom kleurskema wat ook indrukwekkende patrone en teksture insluit, spog hierdie skeppingtjie met ‘n lieflike steenkool kleurskema wat so briljant kontrasteer met die ligbruin en wit.

‘n Tuin wat pronk

Alhoewel hierdie spesifieke tuin ontwerp nie deel is van die huis se planne nie, MOES ons dit net insluit. ‘n Netjiese grasperk, bosse en plante, struike, ‘n houtdek paadjie… alles hier is prentjiemooi en lyk te puik saam met die huis se moderne styl.

Kan jy glo dis ‘n voorafvervaardigde huis hierdie?

Die agterkant

En wat tref ons aan die agterkant aan? ‘n Kuier paradys wat bestaan uit ‘n swembad, massiewe houtdek en menigte glasdeure en vensters wat ons net meer nuuskierig maak oor die huis se binnekant. 

En ons het ook die huisplanne ingesluit om jou sommer ‘n ordentlike idee te gee van hoe dinge aan die binnekant lyk…

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine